Ontwerp grafika

Ontwerp grafika

Deel die Boodskap, Verander Lewens!

Grafika grootte

Stuur vir ons die prentjie van jou advertensie (800x400px) in JPG-formaat

Banier grootte

Stuur vir ons die banier (800x100px of 800x200px) in JPG-formaat

Jou Reaksie-Oproep (call to action)

Kry helderheid wat jy will he mense wat jou advertensie sien moet DOEN. Verwoord dit as ‘n Reaksie-Oproep (call to action). Hier is voorbeelde om jou gedagtes los te maak:

KONTAK ONS: Gratis geskenk; Bel nou; Kontak ons. Die doel is om ’n “geskenk” aan te bied in ruil vir kontakbesonderhede.

REGISTREER NOU: Gratis konsultasie; Kontakversoeke; Gratis proewe; Demonstrasies. Die doel is om jou digitale databasis uit te brei.

LEES MEER: Klik nou; Lees meer; Leer meer. “Lees a.nder artikels oor …” Die doel is om webwerfverkeer ’n hupstoot te gee.

BESOEK WEBBLAD: Laai nou af; Sluit nou aan. Die doel is om produk- of handelsmerkbewustheid uit te brei.

REGISTREER NOU: Klik om te registreer. Die doel is om bewustheid van ’n geleentheid te verhoog.

SHARE: Nooi om op sosiale media te deel. Deel die skakel na jou sosialemedia-platforms. Die doel is om die sigbaarheid van jou handelsmerk te verhoog en vinnig aanlyn te versprei.

LAAI AF: Aflaaibare PDF, gevallestudie, nuttige hulpbron of GRATIS e-boek. Die doel is om gebruikers te oorreed om inligting te deel in ruil vir waarde.

Kompetisies: Skryf in om deel te neem; Klik om te wen; Sluit aan by die trekking. Die doel is om jou digitale databasis uit te brei.

TEKEN IN: “Teken in op ons nuusbrief!” Die doel is om nuusbriefintekenare of aanlynlesers te verkry. KOOP NOU: Voeg by mandjie. Maklike betalingsopsies. Die doelwit is om direkte verkope te skep.